Pablo Software Solutions
Copyright © . All rights reserved.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.
die Uitverkiesing :Website Builder
Troos of Vertwyfeling...? :Luister na die Woord :die Uitverkiesing geskied in Jesus Christus :Wie is 'Ons in Hom' ? :Uitverkies voor die grondlegging van die wêreld :Uitverkies om heilig en sonder gebrek te wees :Voorbeskik tot kinders van God :die Troos van die Uitverkiesing :die Verkiesing van Judas Iskariot :die Pynlike ervaring van Jesus :Het God vir Judas bestem tot verraaier? :Wat van Johannes 17:12 ? :En wat van Romeine 9 ? :Wat is die probleem waarop in Romeine 9 geantwoord word? :Waarom is Israel dan verwerp? :'n Beeld van die Uitverkiesing
die Verkiesing van Judas Iskariot

Die Verkiesing Van Judas Iskariot

Hoe moet ons dit verstaan dat Judas Iskariot, wat Jesus sou verraai, deur Hom verkies kon word tot 'n dissipel? Wat die saak nog moeiliker maak, is wanneer ons lees dat Judas uiteindelik na die verderf gegaan het ( Handelinge 1:25 ).

Met betrekking tot die verkiesing van Judas Iskariot, lees ons die volgende: Jesus sê self volgens Johannes 6:70 en 71: "Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is 'n duiwel! En Hy het bedoel Judas Iskariot, die seun van Simon; want hy sou Hom verraai, hy wat een van die twaalf was". Volgens Johannes 13:18 sê Jesus gedurende die laaste maaltyd met sy dissipels: "Ek spreek nie van julle almal nie - Ek weet wie Ek uitverkies het - maar dat die Skrif vervul kan word: Hy wat saam met My brood eet, het sy hakskeen teen My opgelig". Dan lees ons in Johannes 17:12 dat Jesus sê: "Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word".

Hieruit sien ons duidelik dat Jesus se verkiesing van bepaalde manne tot sy dissipels nie uitsluit dat een van daardie twaalf (Judas) 'n verraaier is nie. Jesus het selfs by die verkiesing van Judas tot dissipel geweet dat hy Hom sou verraai. Nou is die vraag: Het Jesus dan vir Judas verkies om Hom te verraai, aangesien Hy dit van die begin af geweet het, of hoe moet ons hierdie verkiesing verstaan?

As ons so 'n stelling sou aanvaar, nl. dat dit Judas se verkiesing en apostoliese roeping was om Jesus te verraai en oor te lewer aan sy vyande, hoe kon Petrus dan later sê dat Judas van die apostelskap verval het? ( Handelinge 1:25 ). Dan kon daar tog ook nie 'n apostel in Judas se plek verkies word nie, want dan sou dit beteken dat hy ook Judas se roeping moes vervul, nl. om Jesus te verraai. Dan

sou Matthias nie verkies kon word om saam met die elf getuie te wees van Jesus se opstanding nie ( Handelinge 1:22 ). Want daarvan was Judas tog nie getuie nie aangesien hy toe reeds gesterwe het.

Petrus verklaar ook nog nadruklik dat Judas verkies was om die lot van hulle bediening (as apostel) te verkry ( Handelinge 1:17 ). Wanneer ons noukeurig let op die woorde van Jesus in Johannes 6:70 dan staan daar: .,Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? EN een van julle is 'n duiwel!" Die "en" het hier 'n besondere krag en betekenis. Jesus druk hierdeur 'n skerpe teenstelling uit tussen die verkies-wees tot apostel en om 'n duiwel te wees. Dit dui op 'n pynlike en smartvolle ervaring by Jesus en natuurlik nie op 'n verrassing vir Hom, in dié sin dat Hy nie geweet het dat Judas só sou verander nie.

    

 

Laaste keer geredigeer: 2008 / Geplaas: 31 Maart 2017